Month: Januarie 2019

Voleinders

As kind was dit een van my ideale om ’n swart gordel in karate te verower. Verskeie jare gelede het ek begin oefen om daardie doel te bereik. Maar toe ek nog twee gordels nodig gehad het voordat ek die swarte kon kry, het ek opgehou. Daar was veral twee redes – my afrigter het van styl verander en ek…

Volg ons voorbeel

Alyssa is ses jaar oud en begin nou net leer lees. Sy het dikwels gesien hoe haar ouers en grootouers soggens vroeg uit die Bybel lees. Een oggend het sy vroeg wakker geword, voor enigiemand anders. Toe Ouma opstaan, vind sy Alyssa op die rusbank in die sitkamer met haar Bybel en ’n geestelike dagboekie op haar skoot. Sy wou…

Register Rock

I ewers langs die ou Oregon Roete is daar ’n monument – ’n reuse lawarots wat bekend staan as Register Rock. Dis geleë in die gebied wat destyds ’n gewilde kampterrein vir immigrante was, mense wat gedurende die 19de eeu weswaarts gereis het op soek na ’n nuwe wêreld. Reisigers het dikwels hulle name op die rots uitgekerf as ’n…

Vrees vir die onbekende

Het God jou al ooit gevra om iets te doen wat vir jou onredelik gelyk het, iets wat jou heeltemal in ’n vreemde terrein sou inneem? Wat as Hy jou sou vra om ’n langverwagte bevordering van die hand te wys of om ’n verhouding wat vir jou kosbaar is, te verbreek. Sê nou maar Hy vra jou om in…

Die finale openings- plegtigheid

Die openingsplegtigheid tydens die Olimpiese Spele in 2008 is met allerhande woorde beskrywe, onder andere “ongelooflik, asemrowend, buitensporig.” Een kommentator het gesê: “Dit wys wat gedoen kan word as ’n mens aan ’n kunstenaar vrye teuels en volop fondse gee.” Toe ek dit hoor, het ek dadelik gedink: Dis presies wat God met die skepping gedoen het. Hy het niks…

God is lief vir bywoorde

Die Puriteine wou alles in die wêreld met God verbind en sodoende die heilige en die sekulêre byeenbring. Hulle het ’n gesegde gehad wat so lui: “God is lief vir bywoorde; Hy gee nie om hoe goed iets is nie, maar hoe goed dit gedoen word.” Bywoorde beskryf werkwoorde – woorde wat ons optrede uitbeeld. Die gesegde van die Puriteine…

God is lief vir bywoorde

Die Puriteine wou alles in die wêreld
met God verbind en sodoende die
heilige en die sekulêre byeenbring. Hulle
het ’n gesegde gehad wat so lui: “God is
lief vir bywoorde; Hy gee nie om hoe
goed iets is nie, maar hoe goed dit gedoen
word.” Bywoorde beskryf werkwoorde –
woorde wat ons optrede uitbeeld. Die
gesegde van die Puriteine…

Ordonnansies van die hemel

Jy kan nou reeds jou kalender merk as jy
graag wil sien wanneer Venus, Jupiter
en die maan weer ineenloop. Dit sal op 8
November 2052 gebeur en dan sal jy deur
die nagtelike duisternis kan kyk en sien
hoe daardie hemelliggame in ’n klein area
saamkom. Hierdie opmerklike naasmekaarstelling
van hierdie hemelliggame
het laas op 1 Desember 2008 gebeur…

Ingesluit

Jean-Dominique Bauby se memoirs, The
Diving Bell and the Butterfly, beskryf sy
lewe na ’n massiewe beroerte wat hom in
’n toestand bekend as Locked-In sindroom
gelaat het. Alhoewel hy feitlik geheel en al
verlam was, kon hy sy boek skryf deur
slegs sy linkerooglid te beweeg. ’n Helper
het die gekodeerde alfabet afgelees en
Bauby sou sy ooglid knip…

Die oorsig

Stel jou voor jy kom eendag op kantoor
aan en jou baas groet jou en sê: “Kom
09:30 na my kantoor toe. Ek wil graag met
jou oor jou werk gesels.”
Dit sal vir enige werknemer ’n gespanne
tydjie wees. Jy wonder: Wat wil die baas
met my bespreek? Het ek dalk iewers
fouteer? Kry ek miskien ’n salarisverhoging?
Of…